Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Veelparty-koalisie in Tshwane-metro weer nog ‘n ANC-aanslag af

Die veelparty-koalisie in die Tshwane-metroraad (Pretoria) het nog ‘n aanslag van die ANC teen die burgemeester suksesvol afgeweer.

Die wantrouemosie in burgemeester Solly Msimanga Donderdag is met 95 stemme teen 77 verwerp nadat raadslede vir etlike ure vir en teen ‘n geheime stemming gedebatteer het.

Die speaker het uiteindelik beslis dat ‘n ope stemming sal plaasvind.

"Die VF Plus het weereens bewys dat sy rol in ‘n veelparty-koalisie inspraak aan sy kieserskorps gee en regstreeks bydra tot beter dienslewering in die metro," sê Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier in Gauteng 

"Die party sal op soortgelyke basis kan deel word van ‘n veelparty-koalisie in Gauteng na die 2019-algemene verkiesing" sê Mulder.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.