fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Eskom straf betalende inwoners onbillik

"Eskom se voorgenome kragonderbrekings as strafmaatreël vir talle munisipaliteite landwyd wat nie hul betalingsooreenkomste nakom nie, is arbitrêr en nie billik teenoor betalende inwoners en sake-ondernemings nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-nasionale woordvoerder: Plaaslike regering

Munisipaliteite wat geraak kan word, is onder meer Emfuleni (Vereeniging, Vanderbijlpark en Sebokeng), Dr Beyers Naude (Aberdeen, Willomore, Jansenville en Steytlerville), InXuba Yethemba (Cradock en Middelburg), Siyathemba (Copperton, Marydale, Niekerkshoop en Prieska), Emthanjeni (Britstown, Burgerville, De Aar, Griesenkraal en Hanover) en Masilonyana (Theunissen, Verkeerdevlei, Brandfort en Winburg).

Tokologo-plaaslike munisipaliteit, wat Boshoff, Dealesville en Hertzogville bedien, sal die ergste gebuk gaan onder die beplande maatreëls, met kragonderbrekings vanaf 06:00 tot 20:00 daagliks vanaf 9 Oktober indien die munisipaliteit nie die vasgestelde betalingsooreenkoms eerbiedig nie.

Indien Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Paul Roux, Rosendal, Fouriesburg en Clarens) nie sy betalingsooreenkoms teen nakom nie, sal hy dieselfde strawwe onderbrekings as Tokologo ervaar.

Wessels sê plattelandse munisipaliteite ervaar ‘n erge finansiële krisis weens ontvolking en die verarming van mense in landelike gebiede.  Die maatreëls wat Eskom nou weens munisipaliteite se wanbestuur wil instel, sal die plaaslike ekonomie verder knel.  Dit sal ontaard in ‘n bose kringloop.

"Wanbetaling deur munisipaliteite is te alle tye onaanvaarbaar, tog is munisipaliteite in hul huidige vorm finansieel onvolhoubaar. Die samesmelting van kleiner munisipaliteite met groter landelike munisipaliteite het die skuldlas en diensleweringsaanvraag bloot vergroot.

"Daarmee saam het swak bestuur, kaderontplooiing en ‘n algehele tekort aan vaardighede deur Regstellende Aksie (RA)-aanstellings, die probleem vererger. Munisipaliteite moet verdeel word in kleiner, bestuurbare eenhede met kundige en ervare bestuurspersoneel.

"Die VF Plus het die minister van plaaslike regering versoek om dringend in te gryp rakende die wanbetaling by Tokologo en ander munisipaliteite.

"Die VF Plus eis ook dat die minister van finansies se aanpassingsbegroting, wat op 24 Oktober in die parlement ter tafel gelê word, doelgerig daarop gemik moet wees om ‘n einde te bring aan die historiese skuld van munisipaliteite.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.