fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Tshwane-metro verwelkom voormalige bestuurshoof se skuldigbevinding

Die VF Plus in Pretoria verwelkom die uitspraak van die Pretoriase streekhof waarin ‘n voormalige bestuurshoof van die Tshwane-metroraad, Jacobus Barend Lerm, vyftien jaar gevangenisstraf opgelê is op aanklagte van korrupsie en bedrog van R15 miljoen. Vyf jaar van dié straf is opgeskort.

Die saak is oopgevlek nadat die koalisieregering, wat die VF Plus insluit, inligting ontvang het dat ‘n forensiese verslag oor dié aangeleentheid reeds in 2010 saamgestel is, maar dat dié verslag nooit voor die raad gedien het nie.

Awie Erasmus, raadslid van die VF Plus en voorsitter van die openbare rekeningekomitee, het saam met ander komiteelede gewerk om seker te maak die verslag word ondersoek en aan die raad voorgelê.

Die openbare rekeningekomitee het bevind dat aankoopprosedures verontagsaam is.  Die amptelike aankope-stelsel is gesystap deur bestellings direk  aan die verskaffer te rig, in stede daarvan om van die gereguleerde stelsel gebruik te maak. Die stelsel maak voorsiening  vir kompeterende kwotasies, wat in hierdie gevalle nie gebeur het nie.

Die amptenaar het ook die aankope in kleiner bedrae verdeel (onder R300 000) om sodoende onder die radar te bly. Die stad het gevolglik  ‘n verlies van R15 181 430 gelei omdat regulasieprosedures nie gevolg  is nie.

Die skuldigbevinding word as ‘n groot oorwinning vir die koalisie beskou, en is ‘n teken dat dié komitee tande het. Verder is die saak ook ‘n bewys van hoe ‘n veelparty-koalisie kan saamwerk om korrupsie hok te slaan.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.