Die VF Plus dra jou belange op die hart en veg hard in die parlement teen die Nasionale Gesondheidsversekering wetsontwerp.
Die regering se hoofdoel met die NGV is om die land se gesondheidsdienste te nasionaliseer wat jou gaan verhinder om jou grondwetlike reg tot gesondheidsorg uit te voer en erg gaan inperk.
Die portefeuljekomitee oor gesondheid in die Nasionale Vergadering het die publiek en ander belangegroepe genooi om skriftelik kommentaar te lewer oor die NGV-wetsontwerp.
Hierdie kommentaar moet ingedien word voor 11 Oktober 2019 by vmajalamba@parliament.gov.za
Hierdie is jou geleentheid om die VF Plus se hande sterker te maak om te veg vir jou belange. Lig jou beswaar teen die NGV en staan op vir jou regte!