"Die VF Plus is bekommerd daaroor dat minderhede in Suid-Afrika, soos die wit bevolking, in die parlement uitgemaak word as ‘n vyand in die land. Hierdie gebruik om rassepolitiek in die parlement te beoefen, is gevaarlik en moet einde kry," sê Piet Mey, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van vervoer.
"Sulke etikettering is gevaarlik soos gesien word in die huidige situasie van onrus in Suid-Afrika. Die ANC sê misdadige elemente skuil agter die geweld op die land se paaie en in sy dorpe en stede.
"Die VF Plus meen egter dat xenofobie eerder ‘n groot rol speel en dat misdadigers die situasie uitbuit," sê Mey.


