Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Cogta erken politieke inmenging kniehalter munisipaliteite

"Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) erken dat politieke inmenging vordering kniehalter by munisipaliteite wat onder Artikel 139-administrasie geplaas is," sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering.

"In ‘n voorlegging Donderdagoggend voor die nasionale raad van provinsies (NRP), het die adjunk-minister van Cogta, Parks Tau, voorbeelde gegee van munisipaliteite waar ingegryp is, maar waar daar weens politieke inmenging geen verbetering was nie.

"Tau het effektiewelik erken faksiegevegte binne die ANC, politieke onstabiliteit en disfunksionele rade, is die redes vir onsuksesvolle Artikel 139-intervensies.

Soveel as veertig munisipaliteite is tans onder administrasie en die adjunk-minister meen politieke ingryping is nodig.

 

"Dit sal net suksesvol wees indien die ANC intern politieke aksies neem teen korrupte en onbevoegde burgemeesters, raadslede, rade en amptenare, en van hulle ontslae raak. Die ANC doen dit egter nie en hou aan om apartheid die skuld te gee vir Suid-Afrika se probleme."

 

"Tau se erkenning ontbloot die ANC se apartheid-diskoers as goedkoop verskonings vir sy eie mislukkings. Dit is ANC-munisipaliteite wat onder administrasie geplaas is en waar geen vordering gemaak word nie.

"Net die ANC is verantwoordelik vir die toestand van die land se munisipaliteite," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.