fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

SA betaal nou die prys vir jarelange misbruik van polisie se intelligensie-strukture

Die Vryheidsfront Plus (VFPlus) sê die aanval op die Ngcobo-polisiekantoor in die Oos-Kaap waarin vyf polisielede en ‘n oud-soldaat dood is, is ‘n bewys dat misdadigers nie meer bang is vir die polisie nie en dat georganiseerde misdaad besig is om handuit te ruk .

Die VF Plus leier, Pieter Groenewald sê dit is ook ‘n bewys dat Suid-Afrika nou die prys betaal vir die verbrokkeling van misdaadintelligensie-strukture wat veronderstel is om georganiseerde misdaad en sindikate te ontbloot. Dit word nie meer na behore gedoen nie. 

Groenewald sê dit is ook kommerwekkend dat misdadigers so gespesialiseerd kan optree dat hulle sonder vrees ‘n polisiekantoor aanval, polisielede vermoor, al die wapens en ‘n polisievoertuig roof en boonop twee lede te ontvoer wat later tereggestel is.

"Tot in hierdie stadium is die skuldiges nog op vrye voete.

"Hierdie moet ‘n wekroep wees vir die regering en die polisie dat die misbruik van intelligensie-strukture vir politieke doeleindes ‘n duur prys is vir gewone Suid-Afrikaners is om te betaal aangesien dit ‘n situasie geskep het waarin misdaad floreer, sê Groenewald.

"Die VF Plus vereis streng optrede om die polisie drasties reg te ruk om misdaad effektief te bestry soos dit deur die Grondwet vereis word."

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.