fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Suid-Afrika kan net vorentoe beweeg met wedersydse respek tussen sy mense

Om ‘n vooruitstrewende Suid-Afrika te skep, moet daar wedersydse respek vir mekaar wees. Respek vir mekaar as individue, respek vir mekaar se verskille, respek vir mekaar se verskillende kulture, verskillende geskiedenis en verskillende tale.

Dit was Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, se reaksie in die parlement Maandag op president Cyril Ramaphosa se staatsrede.

Groenewald het herinner dat ‘n gedeelte in die aanhef van Suid-Afrika se Grondwet dit baie duidelik stel dat "ons, die mense van Suid-Afrika… glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid…”

"Ek wil dit duidelik aan die president stel dat die VF Plus wil hande wil vat en bou aan ‘n beter toekoms vir almal, nie aan ‘n beter verlede nie. Soos dit in isiZoeloe lui: “Ha ghe si bhambisane. I sandla siya ghesana.”

"Met dit gesê wil ek byvoeg ek is ‘n Afrikaner en ‘n kind van die grond van Afrika. Afrikaners en witmense wil bydra tot ‘n beter toekoms vir almal in die land. Ons kan help om ‘n beter land te bou, maar dan moet daar wedersydse respek vir mekaar wees.

Groenewald sê daar is tans ‘n aanslag op Afrikaans.

"In ons skole, en in ons universiteite.  Dit ten spyte daarvan dat die Grondwet lui almal is geregtig op moedertaalonderrig."

Hy sê daar kan egter nie sprake van respek wees as Gauteng se LUR vir onderwys (Panyaza Lesufi), Afrikaans met ‘n rassekwas wil bykom asof Afrikaanse onderwys gelyk staan aan wit bevoorregting, of waar hy optree teen skole wat reeds veelrassig is nie.  

"Sestig persent van Afrikaanssprekendes is bruin mense. Dit skep nie wedersydse respek nie. Dit laat vrae ontstaan."

 Die president het in sy staatsrede baie klem geplaas op werkskepping, in besonder vir die jeug. Hy het onder meer gesê: “Ons bou ‘n land waar ‘n persoon se vooruitsigte deur eie inisiatief en harde werk bepaal word, en nie volgens die kleur van hul vel, geboorteplek, geslag, taal of inkomste van hul ouers nie.” Ek stem daarmee saam.

Groenewald sê die realiteit is egter dat Regstellende Aksie (RA) en Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) jong wit mense ontneem van werk, beurse en geleenthede, weens die kleur van hul vel. Is dit regverdig dat ‘n jong man of vrou wat in 1994 of daarna gebore is in die nuwe bedeling benadeel moet word deur RA?

"Ek is van mening dat daar ‘n afsnypunt hiervoor moet kom. Swart studente wat tans universiteitsgrade behaal, is meer as dubbel die getal wit studente. Indien ons wedersydse respek vir mekaar wil bevorder en die ekonomie wil laat groei, moet meriete die kriterium wees met aanstellings, en nie velkleur nie.

Wat grondonteiening sonder vergoeding aanbetref, het Groenewald gesê die blote aanvaarding van die beginsel is negatief vir die ekonomie en voedselsekerheid.

"Wat wil die president met onteiening wil bereik? Indien dit bloot is om vir mense grond te gee, moet dit so gesê word. Want om net grond vir iemand te gee, maak die persoon nie outomaties ryk nie.

 Groenewald het President Ramaphosa herinner dat die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming erken het dat 90% van die bestaande projekte om swart boere te vestig, misluk het.

"Daarbenewens wil 93% van alle suksesvolle eisers nie die grond hê nie, maar die geld."

"Die VF Plus verwerp grondonteiening sonder vergoeding, want dit raak alle eiendomme, op ‘n plaas, ‘n dorp of in ‘n stad.

Dit sal die ekonomie nadelig beïnvloed en potensiële beleggers afskrik om in Suid-Afrika te belê," het Groenewald gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.