fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Onwettige hersonering van landbouhoewes in Midvaal

Die Midvaal-stadsraad het eensydig en sonder enige konsultasie met eienaars van landbougrond dié soort eiendom se kategorie vanaf landbou na residensieel 1 gehersoneer. Hierdie hersonering beteken ‘n aansienlik hoër munisipale waardasie en hoër eiendomsbelasting.

Boetes word ook  gehef op landbouhoewes wat volgens die raad in onbruik is. In so ‘n geval moet eienaars bewys lewer van hul boerdery alvorens hul tariewe hersien kan word.

"Die VF Plus beskou hierdie eensydige hersonering as onbillik en onwettig. Die raad moet die moedswillige uitbuiting van belastingbetalers onmiddellik staak en begrotingstekorte eerder van die wanbetalende gebiede en gemeenskappe verhaal," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gaueng en raadslid in Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

"Hierdie onwettige optrede van die raad dui opnuut op die bestaande ongeregtigheid teenoor belastingbetalers vir oneerlike politieke gewin en die ANC se konstante strewe na die meerderheidstem.

"Die VF Plus sal dit op elke moontlik manier teenstaan om terug te veg namens die getroue betalers van dienste en belasting," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.