"Die minister van justisie, Ronald Lamola, het 'n vraag van die VF Plus oor die koste verbonde aan die vertragings van verhore weens die inperking, vermy," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die NRP.
"Volgens Lamola word daar nog bereken wat dit die belastingbetaler gekos het. Amos Masondo, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, het ook die minister beskerm deur nie daarop aan te dring dat hy 'n skriftelike antwoord op 'n parlementêre vraag verskaf nie.
"Die feit is dat belastingbetalers duisende rande opdok vir verhoorafwagtendes in aanhouding omdat die howe nie gereed is om die sake te verhoor weens die drakoniese inperkingsregulasies nie.
"Die vroeë vrylating van gevangenes op parool is bloot omdat tronke oorvol is en om die Covid-19-pandemie daarvoor te blameer, is skandalig.
"Die feit dat hofsake nie kan voortgaan nie, het ook 'n negatiewe invloed op die voortbestaan van regsgeleerdes regoor die land, omdat die vertragings van die hofsake beteken dat hulle nie hul finansiële verpligtinge kan nakom nie," sê du Toit.