Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geslagsgeweld tekenend van die gewelddadige psige van Suid-Afrikaners

"Geslagsgeweld raak toenemend tekenend van die gewelddadige psige van Suid-Afrikaners waar geweld geweld voed en die antwoord raak op feitlik alle sosiale kwessies as die enigste wyse om met konflik te handel," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van vroue.

"Suid-Afrika het ‘n land geraak van onverdraagsame, gewelddadige mense.

"Hou ons nie van iets uit die verlede nie? Breek dit dan af asof dit nooit was nie. Hou ons nie van ‘n taal nie? Demoniseer die sprekers en verban dit. Die lys is lank, en geslagsgeweld is deel van hierdie eindelose sirkel van geweld.

 

"Die ANC-regering se halfhartige pogings om geslagsgeweld te bestry, het al ontaard in ‘n sirkusagtige tragedie met die president die sirkusmeester vol van beloftes, emosionele pleidooie en toesprake wat eindelik totaal verydel word deur ‘n gebrek aan optrede en ‘n regstelsel wat die slagoffer verloën."

 

"Die VF Plus kan hieroor ‘n ware voorbeeld noem wat tans besig is om af te speel: Oor ‘n vrou wat midde in ‘n bittere egskeiding is en erge emosionele en fisieke aanranding ervaar.

"Sy moes verlede week in die middel van die nag uit haar huis vlug en het in die oggend ‘n beskermingsbevel verkry. Dit is eers twee dae later op haar man bedien maar die polisiemanne het nie ‘n kopie daarvan gemaak nie en het haar gevra of sy een vir hulle kan kry.

 

"Dit is hierdie traak-my-nieagtige-houding wat vroue totaal weerloos laat nieteenstaande die regering se mooi beloftes."

 

"Gaan die polisie weer twee dae neem om te reageer wanneer haar lewe weer bedreig word? En indien hulle hierdie keer te laat is, wie sal mede-aandadig wees aan wat met haar kan gebeur?

"Die president en die ministers van polisie en justisie moet almal aanspreeklikheid aanvaar vir geslagsgeweld wat hoogty vier weens ‘n versuim om op te tree. Leë woorde en holle beloftes sal geen verskil maak nie, net dade. En dit is, helaas, nie iets waarop die regering kan roem nie," sê Breedt.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.