Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering het voorbeeld van bedrog en korrupsie gestel

"Om te steel, soos by VBS Mutual Bank gebeur het, is ‘n misdaad en ‘n sonde, en al wat die ANC daaroor te sê het, is dat dit nooit moes gebeur het nie," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald het Dinsdag tydens 'n parlementêre debat oor die VBS-Bankskandaal gesê  die ANC moes nooit die regering van Suid-Afrika word nie.

"Die rede is dat dit die ANC is wat die voorbeeld gestel het oor bedrog en korrupsie en hoe om die belastingbetalers se geld te steel. By VBS is hierdie voorbeeld gevolg en daar is selfs van die armes gesteel.

"(Julius Malema) bewys hy is niks anders as ‘n Mickey Mouse bevelvoerder nie"

"Die heldin in die VBS-sage is ‘n Afrikaanssprekende wit vrou met die naam Mariette Venter, die waarnemende finansiële bestuurder van die Capricorn-distriksmunisipaliteit in Limpopo. Sy het geweier dat R60 miljoen van die munisipaliteit oorgeplaas word na VBS.

"Toe beskuldig die munisipaliteit haar daarvan dat sy ‘n rassis is kwansuis omdat sy as wit vrou nie by ‘n swart bank geld wil laat belê nie. Dít is ook ‘n aanklag teen die gemeenskap van Suid-Afrika dat ‘n wit persoon sonder meer uitgekryt word as ‘n rassis net omdat dié persoon wetsgehoorsaam is.

"Die VF Plus haal sy hoed af vir mense soos me. Venter, en die belastingbetalers van haar munisipaliteit is haar ook dank verskuldig," het Groenewald gesê.

Wat die EFF aanbetref, het hy gesê daar baie rook wat by die enjinkamer van dié party se deure en vensters uitborrel rakende die VBS-skandaal.

"Die EFF verwys na sy leier, Julius Malema, as ‘n  opperbevelhebber. Tog skitter hy in sy afwesigheid by die debat oor die VBS Mutual Bank, wat bewys dat hy niks anders as ‘n Mickey Mouse bevelvoerder is nie," het Groenewald gesê.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.