fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Ismail Vadi wil politieke nalatenskap agterlaat ten koste van belastingbetalers

Die LUR vir vervoer in Gauteng, mnr. Ismail Vadi, het Dinsdag in die Gautengse wetgewer aangekondig hy gaan die geografiese pleknaam-komitee versoek om ‘n openbare deelnameproses te begin om 23 roetes in Gauteng te herdoop na “die wat ‘n konstruktiewe rol gespeel het in die stryd teen apartheid en wat ‘n bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van Suid-Afrika.”

Die VF Plus sê Vadi se aankondiging is niks nuuts nie, aangesien hy hierdie aankondiging ook in die wetgewer op 3 Julie 2018 gedoen het. Wat wel verander het, is dat daar op daardie tydstip net sewe roetes was wat sou verander het, maar nou het die LUR nog sestien roetes bygevoeg wat die totaal op 23 te staan bring.

Hierdie roetes sluit in die N14, R28, R55, R59, R80, PWV 15, R23, N12, R553, R500, K46, Ben Schoeman-hoofweg, R550, R554, R50, R103, R42, R558, R101, P139/1, P70/1, R25 en die R82.

"Vadi het met die eerste aankondiging op 3 Julie 2018 gesê daar is nie genoeg geld om sinkgate op Gauteng se paaie te herstel nie, maar hy stoom nogtans voort om hierdie 23 roetes te herdoop. Wat die kostes van die herdoop van die roetes gaan beloop kan maar net op hierdie stadium geskat word, maar dit gaan beslis nie goedkoop wees nie," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

"Op 29 Maart 2012 het die Tshwane-metro 25 straatname in die stad verander wat ‘n enorme R27 miljoen beloop het.  Dit is nou ses jaar later en met die swak ekonomie en hoë rentekoerse in ag geneem, kan die kostes vir die roetes dubbel soveel kos wat die belastingbetaler van Gauteng ‘n konserwatief beraamde R54 miljoen uit die sak kan jaag.

"Die VF Plus is van mening dat hierdie geld eerder gebruik kan word om paaie in die provinsie op te knap en te herstel. Belastingbetalers sal dan ten minste waarde vir hul geld kry.

"Vadi is net met een saak besig en dit is ‘n politieke nalatenskap vir homself. Hierdie nalatenskap is ongelukkig ten koste van die belastingbetaler. Die LUR is besig om die verkeerde perd op te saal en hy moet daarteen waak dat hy nie in die toekoms eerder geminag gaan word omdat hy nie die paaie in die provinsie herstel het nie.

"Die VF Plus sal hierdie projek in die paaie- en vervoerkomitee teenstaan en aandring op ‘n dringende koste-analise van die projek," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.