Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lesufi se “nuwe voedingsgebiede” gaan afstuur op chaos

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se nuwe voorgestelde regulasies op die wysiging van skole se voedingsgebiede, gaan afstuur op totale chaos indien die regulasies aanvaar word.

Tans beslaan skole se voedingsgebiede ‘n radius van 5 km.  Gevolglik sal leerlinge wat binne ‘n radius van 5 km vanaf ‘n skool woon of wie se ouers daar werk, beskou word as leerlinge in ‘n natuurlike voedingsgebied.

Dié leerlinge kry plasingsvoorkeur by die meeste skole. Die meeste skole aanvaar wel leerlinge van buite die natuurlike voedingsgebied indien daar na plasings wel plek beskikbaar is.

"Lesufi wil nou die radius van voedingsgebiede verander na 30 km. Dit is volgens die regulasiewysigings wat die LUR op 30 Julie 2018 in die staatskoerant gepubliseer het.  Sedertdien is meer as 10 000 besware teen die wysigings aan die departement van onderwys in Gauteng oorhandig," sê Phillip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

Van Staden sê die VF Plus is van mening dat, indien Lesufi dit regkry om die voedingsgebiede te verander, algehele chaos in die provinsie gaan uitbreek.  Hy sê dit maak glad nie sin dat ‘n leerling wat in Bronkhorstspruit woon, kan skoolgaan in die Pretoria Moot-gebied tensy die leerling plek gekry het by die skool nadat leerlinge uit die direkte omgewing reeds plek gekry het.

"Lesufi wil met hierdie nuwe regulasies sy eie laksheid verbloem"

 

"Die VF Plus is glad nie ten gunste van hierdie wysigings nie en ondersteun skole wat ook hieroor bekommerd is. Die VF Plus is van mening dat leerlinge uit ‘n bestaande natuurlike voedingsgebied nie plek gaan kry by skole in hul direkte omgewing nie en dit gaan ouers in die provinsie nog onder verdere finansiële druk plaas.

"Lesufi moet besef dat primêre- en sekondêre leerlinge gebied-gebonde is en nie soos studente by enige universiteit kan gaan studeer nie. Die VF Plus glo dat ouers sal moet rondskarrel om kinders in ‘n skool geplaas te kry en dat kinders se lewens op die spel geplaas gaan word deur hul na verder plekke te vervoer. Die verkeer in Gauteng is baie druk en die paaie is glad nie veilig nie. Lesufi se nuwe regulasies gaan meer verreikende gevolge inhou as wat daar besef word.

 "Die VF Plus wil dit sterk beklemtoon dat Lesufi met hierdie nuwe regulasies sy eie laksheid wil verbloem," sê Van Staden.

Die feite is as volg: 

"Die VF Plus glo die tyd het aangebreek dat die ANC in Gauteng met ‘n nuwe regering vervang word wat bestaan uit ‘n koalisie van opposisiepartye en dat lakse LUR’e soos Panyaza Lesufi, vervang moet word met bekwame en doelgerigte persone wat kan beplan, bestuur en leerlinge se belange eerste stel," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.