Premier Sisi Ntombela het ‘n provinsie deurspek van korrupsie en wanbestuur by voormalige premier Ace Magashule geërf. Ntombela se hooftema van bou is gister weer in haar begrotingsposdebat gebruik.
‘n Bouplan vir die Vrystaat moet egter gefinaliseer word voordat die premier kan droom om te bou. Die VF Plus bied werkbare oplossings en wil bydra tot hierdie bouplan.
Die VF Plus het tydens die afgelope twee weke se begrotingsposdebatte deurlopend gevra dat departemente moet saamwerk ten einde die doelwit te bereik om die Vrystaat te bou. Ntombela sal ‘n wakende oog oor departemente moet hou om te verseker dat werksaamhede so effektief moontlik geskied.
Die VF Plus sal Ntombela aanspreeklik hou omdat sy in die verlede bewys het dat ANC-lojaliteit vir haar belangriker is as die welsyn van die Vrystaatse gemeenskap. Sy is reeds geken aan haar spandabelrige houding teenoor Macufe, inhuldigings en afskeidspartytjies.
Die Vrystaat verdien ‘n regering wat die belange van sy inwoners eerste stel en nie baantjie vir boeties-kontrakte en nog skandale wat die Vrystaat verder skade gaan aandoen nie.
Die onus rus op Ntombela om die Vrystaat werklik te bou en nie ‘n mislukte projek soos Ramkraal toe te laat nie.
Kontaknommer: 084 206 3375


