fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Begrotingsdebat in Noordwes-wetgewer: Onderwys – Goeie onderwys die kernoplossing vir ekonomiese groei

Onderwys is die fondament waarop toekomstige ekonomiese groei berus. Daarom is dit van die allergrootste belang dat leerlinge gehalte onderwys kry om hulle vir die arbeidsmark voor te berei.

Die VF Plus het met Noordwes se provinsiale begrotingsdebat oor onderwys in Noordwes kernelemente uitgelig wat gehalte-onderrig in die provinsie bedreig. Een van die grootste van dié probleme is dissipline.

Die gebrek aan dissipline op bestuursvlak en onder onderwysers is omvangryk en moet dringend aangespreek moet word. Hierdie swak dissipline syfer deur na leerlinge en ondermyn basiese waardes soos respek in skole.

Politiek-gemotiveerde protesoptredes by en rondom skole ontneem leerlinge ook van ‘n veilige leeromgewing. Wetgewing wat sulke optredes by en naby skole verbied behoort dringend ingestel en streng toegepas te word.

Die VF Plus het in dié verband ‘n privaatlid-wetsontwerp ingedien wat enige protesoptrede binne ‘n radius van 500m vanaf skole verbied.

Die belangrikheid van die beskerming en uitbouing van moedertaalonderrig is ook beklemtoon. Die voortdurende aanvalle op Afrikaans aan skole en universiteite moet gestaak moet word en alle inheemse tale moet eerder op gelyke voet ontwikkel word. Gekwalifiseerde onderwysers moet op meriete aangestel word.

Voordat hierdie probleme nie daadwerklik behandel word en in die begroting weerspieël word nie, sal die VF Plus die begroting nie steun nie.

 

Kontaknommer: 082 645 0537

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.