Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus wil weet wie is in Beheer van Gauteng – David Makhura of Paul Mashitele?

Die VF Plus in Gauteng wil graag vasstel wie nou eintlik aan die stuur van sake in die Gauteng provinsie is.

Is dit mnr Paul Mashitele wat in Februarie 2016 ingesweer is as nuwe LUR van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake en leier van die ANC in Gauteng of is dit mnr David Makhura wat tans Premier van Gauteng is?

Volgens die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, gaan die heraanstelling van mnr Mashitele in die Gauteng Wetgewer as nuwe LUR daadwerklike gevolge inhou vir die inwoners van Gauteng.

Die ongesonde toestand waar die leier van die ANC in Gauteng en die Premier in dieselfde provinsie as hoof staan op verskillende bene, kan tot gevolg hê dat indien die Premier besluite neem wat nie die ANC aanstaan nie, hy dadelik geveto kan word deur die leier in Gauteng.

“Mnr. Mashitele het met sy toespraak tydens die debat op die Premier se provinsiale rede in Februarie, so ‘n toespraak gelewer dat hy voorgekom het as die nuwe man wat ten volle in beheer is”.

Mnr Mashitele het ook verlede week in ‘n dagblad in Gauteng die aankondiging gedoen dat die omstrede e-tol nie kan voortgaan nie. Dit alreeds is in kontras met die Premier, David Makhura, se provinsiale rede waarin hy gemeld het dat die stelsel sal voortgaan maar met verlaging van pryse.

Die VF Plus is van mening dat hierdie twee figure binnekort gaan koppe stamp en dat die bestuur- en diensleweringproses in Gauteng hierdeur in die stof gaan byt ten koste van die inwoners van die provinsie.

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Media Release
Riaan van Heerden

Kirkwood: From green to decayed

Kirkwood, once a thriving and welcoming town, is now plagued by service delivery issues getting residents hot under the collar. In 2023/24, this town, along

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.