fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus wil sorg dat Tshwane/Pretoria-stadsraad ‘n dispuut verklaar met die ANC-regering

Die VF Plus in Pretoria wil sorg dat die Tshwane-stadsraad ‘n dispuut verklaar teen die ANC-regering op nasionale vlak met betrekking tot die Gautengse e-tolstelsel. Dit is een van die planne wat die VF Plus beoog indien die party deel van ‘n opposisie-geleide koalisieregering beheer oor Tshwane/Pretoria-metroraad sal neem.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer en burgemeesterskandidaat vir Tshwane/Pretoria, sê die VF Plus is volgens die 2011-kiesuitslae die derde grootste opposisieparty in dié metro en groei goed in Pretoria weens talle kiesers uit minderheidsgroepe wat by die party aansluit.

“Daarom glo ons dat die VF Plus wel ‘n rol sal speel in die samestelling van enige opposisie-koalisieregering. Indien dit gebeur sal dit een van die VF Plus se eerste prioriteite wees om ‘n formele grondwetlike dispuut teen die departement van vervoer te verklaar oor die instelling van die Gautengse e-tolstelsel.

“Die Grondwet laat sodanige dispuut toe en indien dit nie opgelos kan word binne die bestaande wetlike strukture nie, sal die VF Plus sorg dat die nuwe Tshwane-metroraad die nasionale regering hof toe neem.

“Op dié wyse word die ongewilde stelsel formeel deur regeringstrukture bereg en is dit nie nodig vir die publiek om teen groot kostes hulle na die howe te wend nie.

“Hierdie sal een van die hofsake word waar ‘n plaaslike regering optree in belang van die publiek en nie bloot vir homself soos wat tans die geval is onder ANC-beheerde plaaslike regerings nie. Uiteindelik sal inwoners waarde vir hulle geld ontvang en nie aan die ontvangkant van die regering se mag wees nie,” sê adv. Alberts.

Intussen wag die VF Plus steeds om te verneem van die Nasionale Verbruikerskommissie waar die party ‘n klagte ingedien het om alle e-tol rekeninge ongeldig verklaar te kry weens die nalatigheid van SANRAL om al sy e-tol meetinstrumente te registreer ingevolge die metrologie-wetgewing.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.