Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus vra dringende ondersoek na ambulans-tekorte in Mpumalanga

Verswakkende gesondheidsdienste en veral die tekort aan ambulanse in Mpumalanga, raak nou ‘n kritieke probleem.

Die VF Plus het die provinsiale LUR vir gesondheid, me. Sasekane Manzini, versoek om hierdie tekorte dringend te ondersoek.

Die VF Plus het reeds etlike maande gelede sy kommer uitgespreek oor die ernstige tekort aan ambulanse in die provinsie.

Ná vorige vrae aan me. Manzini hieroor, het sy bevestig daar is tans 98 ambulanse, maar die provinsie sit steeds met slegs 76 werkbare ambulanse.

Dit is nie naastenby die vereiste hoeveelheid van 450 wat volgens die departement vir die provinsie benodig word nie. Daar moet een ambulans wees vir elke 1000 mense.

Me. Manzini het aan die VF Plus beaam dat die departement voortaan tien ambulanse per jaar wil aankoop, maar dat die getal nie noodwendig sal styg nie aangesien dit onseker is hoeveel ambulanse uit diens gestel sal word.

Die departement bestee tans R50 miljoen aan die onderhoud van die huidige ambulanse.

Dit is egter nie net 'n kwessie van nuwe ambulanse aankoop nie aangesien die departement ook oor te min opgeleide personeel beskik, waarvan 74% slegs 'n basiese noodopleidingskursus van vier weke voltooi het.

Intussen sterf mense terwyl hulle op ambulanse wag.

Vroeër hierdie maand het 'n man gesterf nadat hy in Middelburg in die Steve Thswete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) meer as vier ure op 'n ambulans moes wag nadat hy deur 'n voertuig omgery is.

Hy het egter gesterf voor die gespesialiseerde ambulans, waarvan daar net een in Mpumalanga is, opgedaag het om hom na 'n ander hospitaal te vervoer.

Die VF Plus het opvolgvrae aan die departement gerig wat insluit of die departement meer ambulanse sal uitrus met gespesialiseerde toerusting en dat daar dringend gekyk moet word om kritieke vakante poste te vul.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.