Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom sterk standpunt in portefeuljekomitee teen onbevoegde administrateurs

Die VF Plus verwelkom die sterk standpunt wat vandag ingeneem is deur Arone Motswana, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die premier, finansies, samewerkende regering, behuising, en tradisionele sake, teen die onoordeelkundige ontplooiing van administrateurs by munisipaliteite in Noordwes.

Die ontplooiing van hierdie administrateurs het in die meeste gevalle geen verbetering in dienslewering meegebring nie, maar eerder ‘n kultuur van magsmisbruik laat gedy.

Die VF Plus het herhaaldelik kapsie gemaak teen hierdie voortgesette ANC-kaderontplooiing met geen sprake van meriete in die aanstelling van die administrateurs nie.

Mnr. Motswana se uitsprake volg na herhaaldelike versoeke van die VF Plus in die portefeuljekomitee, sowel as in die wetgewer, dat dringend opgetree moet word om die verantwoordbaarheid van amptenare en administrateurs teenoor hul gemeenskappe in Noordwes te herstel.

Volgens die VF Plus is dit van die grootste belang dat ingegryp word om hierdie algemene verval en voortgesette plundering by munisipaliteite te stuit. Die VF Plus sal volhou om druk toe te pas om te verseker dat amptenare en administrateurs verantwoordbaar gehou word.

Apartheid kan nie die skuld kry vir hierdie stand van sake nie, maar is ‘n direkte gevolg van ANC-beleid en optrede.

Kontaknommer: 082 529 3001

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.