Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom finansiƫle omkeerstrategie vir Tshwane-metro

Die finansiĆ«le omkeerplan wat tydens ʼn raadsvergadering van die Tshwane-metroraad goedgekeur is, word verwelkom.

Die omkeerplan is ʼn poging om die metro se finansies te stabiliseer.

Die Tshwane-metro sukkel om sy verpligtinge aan handelskrediteure soos Eskom te betaal en skuld die kragverskaffer tans R1,9 miljard.

Die metro sukkel ook om sy debiteureboek van R20 miljard in te vorder wat kontantvloei onder druk plaas.

Die omkeerplan is ʼn stap in die regte rigting, maar die sukses sal afhang van die effektiewe uitvoering daarvan.

Die plan sluit die volgende hoofkomponente in:

  • Identifisering van krisisareas
  • Opstel van spesifieke doelwitte vir elke departement
  • Spesifieke aksies wat uitgevoer moet word
  • Maandelikse rapportering deur departemente
  • FinansiĆ«le analise
  • Likiditeit-herstelplan

Die stabilisering van die metro se finansies is van kritieke belang aangesien dit ʼn wesenlike impak het op dienslewering aan inwoners.

Die VF Plus sal die plan gereeld laat hersien in die finansiƫle komitee en aanbevelings aan die metroraad doen om te verseker dat die plan doeltreffend uitgevoer word.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.