Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus se top-nasionale kandidate en provinsiale premierskandidate

Die VF Plus het sy voorste kandidate vir die nasionale kieslys, asook sy nege provinsiale premierskandidate, bekend gemaak. Albei lyste spreek van ervaring en kundigheid, en bied ‘n goeie mengsel van jeug en bewese ervaring in die politiek.

Onder die party se voorste 20 nasionale kandidate is daar 25% vroulike kandidate wat elk aangewys is op meriete. In die eerste tien kandidate is 20% vroulik.

Onder die eerste twintig is vier persone met doktorsgrade, (drs. Pieter Groenewald, Corné Mulder, Lourie Bosman en Wynand Boshoff), daar is verskeie regsgeleerdes, onder andere drie prokureurs, Jennifer Rautenbach, Heloïse Jordaan en Marlene Steyn-du Toit, asook ‘n advokaat, Anton Alberts.

Elkeen van die persone op die lys is daar omdat hulle dit verdien, en omdat hulle ‘n positiewe bydrae sal kan lewer nie net vir die VF Plus nie, maar daar waar hulle verkies sou word om in die groter belang van die land op te tree.

Die nege provinsiale premierskandidate is deurwinterde politici met groot ervaring. Die VF Plus is trots daarop om hulle aan die publiek bekend te stel en het die volste vertroue in hul vermoë om die kiesers van Suid-Afrika op die beste moontlike wyse te dien.

Hier volg die voorste 35 kandidate op die VF Plus se nasionale lys, en daarna die provinsiale premierskandidate:

1. Dr. Pieter Groenewald
2. Adv. Anton Alberts
3. Dr. Corné Mulder
4. Wouter Wessels
5. Philip Van Staden
6. Dr. Wynand Boshoff
7. Tammy Wessels
8. Piet Mey
9. Michal Groenewald
10. Heloïse Jordaan
11. Sakkie du Plooy
12. Awie Erasmus
13. Ian de Villiers
14. Jennifer Rautenbach
15. Erika Botha-Rossouw
16. Danie Coetzee
17. Jaco Prins
18. Dr. Lourie Bosman
19. Fanie du Toit
20. Marlene Steyn-du Toit
21. De Wet Nel
22. Jean Kriek
23. Elsa Lourens
24. Matthys van Tonder
25. Frans Potgieter
26. Gerda Senekal
27. Jurgens Pieterse
28. Adv. Gert van Niekerk
29. Losie Hartnick
30. Christo Peyper
31. Johan Blignaut
32. Charl van der Westhuizen
33. Theo Joubert
34. Erns Kleynhans
35. Hannes Schutte

Die VF Plus se premierskandidate vir die nege provinsies is:

1. Gauteng : Adv. Anton Alberts
2. Noordwes : Michal Groenewald
3. Vrystaat : Jan van Niekerk
4. KwaZulu/Natal : Dr. Duncan du Bois
5. Mpumalanga : Werner Weber
6. Limpopo : Marcelle Maritz
7. Wes-Kaap : Peter Marais
8. Noord-Kaap : Dr. Wynand Boshoff
9. Oos-Kaap : Piet Mey

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.