Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus gekant teen EFF-voorstel om Kaapstad-lughawe se naam te verander

 

Die gebruik van name om plekke soos ‘n lughawe te benoem is ‘n kontensieuse onderwerp wat weens meningsverskille altyd gemoedere gaande sal maak en die VF Plus verkies daarom dat geografiese name gebruik word.

Indien ‘n persoon se naam wel gebruik moet word vir die herbenoeming van ‘n plek soos Kaapstad se lughawe, is dit wenslik om ‘n sinvolle naam te gebruik. Die VF Plus is daarom ten sterkste gekant teen die EFF-voorstel om die naam van Winnie Madikizela-Mandela te gebruik.

In die Wes-Kaap se geval moet die inheemse, of Eerste Mense van die provinsie se gevoelens gerespekteer word. Dit is mense wat in hierdie geval ook ‘n minderheid in Suid-Afrika is.

In só ‘n geval maak dit sin dat die naam Krotoa oorweeg word. Sy is ‘n histories Kaapse figuur wat beskou word as die moeder van Suid-Afrika se Khoi-stamme. Sodoende sou ook erkenning gegee word aan die land se Eerste Mense.

Dit is nogtans verkieslik dat geografiese name behou word. Daar is ander maniere om erkenning te gee aan geskiedkundige figure.

Kontaknommers: 083 626 14397 / 065 801 7216

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.