Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Veelparty-koalisieregering in Tshwane, waarvan VF Plus deel is, spog met omkeer-prestasie

Die Tshwane-metroraad, wat deur koalisiepartye waarvan die VF Plus deel is regeer word, het dié stad se finansies in so ‘n mate omgekeer dat hy nou met ‘n surplus van R295 miljoen spog.

Tshwane se metroraad het gister (Donderdag 31 Januarie) sy 2017/18-finansiële jaarverslag bekend gestel.

‘n Merkwaardige mylpaal is die opgradering van die metro se kredietgradering met twee vlakke. Moody's het op 6 Desember 2018 aangekondig dat die stad se kredietgradering met twee vlakke verhoog van A1.za na Aa2.za.

Die opgradering was onder meer te danke aan die verbetering van dalende skuld en stygende likiditeit. Volgens Moody's, het die metroraad se administrasie en bestuurspraktyke verbeter. Die opgradering beteken die metroraad sal in die toekoms potensieel laer rente vir lenings kan beding, wat groot besparings tot gevolg sal hê.

Die jaarsverslag het ‘n ongekwalifiseerde opinie van die Ouditeur-Generaal (OG) ingesluit rakende die finansiële resultate vir die tydperk, asook verskeie prestasie aanwysers.

Nog belangrike punte in die jaarverslag is:

• Kontantbalans het met R1,31 miljard toegeneem.
• Afname in langtermyn skuld.
• Vrugtelose uitgawes beloop R65,4 miljoen, waarvan R63 miljoen deel van die vorige ANC-rekening is.
• Onreëlmatige uitgawes het meestal met vorige ANC-kontrakte te doen.
• Die hoeveelheid geskatte rekeninge (wat nie werklike lesings het nie) bly steeds ‘n probleem wat dringend aangespreek sal moet word.
• Die omstrede Glad Africa-kontrak se uitgawes is as onreëlmatig deur die OG uitgewys.

Alhoewel goeie vordering gemaak is, is daar steeds talle sake wat dringende aandag verlang. Die VF Plus is veral bekommerd oor die debiteure wat steeds teen ‘n skrikwekkende koers groei, en tans staan op R12,45 miljard. Die metro slaag nie daarin om gelde van gebruikers suksesvol in te vorder nie.

Die VF Plus gaan deur middel van die openbare rekeningekomitee, kontrolestelsels in plek stel om te verseker dat die stad op ‘n meer effektiewe wyse bedryf word. VF Plus sal ook help om verskeie departemente se oorsigfunksie te organiseer om beter aanspreeklikheid te bewerkstellig.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.