Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Uitlek van eksamenvraestelle in Noordwes is kommerwekkend

Die pas waarteen departementele eksamenvraestelle in Noordwes uitlek is kommerwekkend. Die nuutste voorval, waartydens die graad 10 departementele Lewensoriënteringvraestel uitgelek het, beklemtoon die probleem wat jaar na jaar bloot vererger.

Hierdie is die eerste rondte departementele vraestelle wat in die provinsie gedurende die jaareindeksamen geskryf word en laat gevaarligte flikker vir die res van die eksamen.

Gedurende die vorige semestereksamen het die graad 11 Wiskunde- en Wetenskapvraestel ook uitgelek en is selfs deur leerders op sosiale media versprei.

Die integriteit en kwaliteit van matrieksertifikate, rekordeksamens en uitslae wat gebruik word om aansoek te doen by tersiêre onderriginstellings sal weldra in twyfel getrek word. Die hoeveelheid hulpbronne en tyd wat op die uitstel en oorskryf van vraestelle gemors word is onaanvaarbaar en moet tot die minimum beperk word.

Die VF Plus vergader eersdaags met die departementshoof van die Noordwes Onderwysdepartement ten einde die probleem te bespreek. Dit is van kritieke belang dat die departement beter kontroles in plek stel ten einde die uitlek van vraestelle te verhoed en die gevolge beter te bestuur.

 

Kontaknommer: 079 409 8342

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.