fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Samewerking wat plaasaanval fnuik moet geprys word

Die spoedige reaksie en optrede deur die polisie, buurtwag en die gemeenskap het die uitkoms van ‘n plaasaanval tussen Klerksdorp en Stilfontein in die Klerksdorpdistrik beduidedend verander. Dit is bemoedigend en moet geprys word.

Booswigte het ongeveer vieruur Woensdagmiddag (gister) op die opstal op die plaas Buffeldoring naby Klerksdorp toegesak nadat hulle vermoedelik die boer en sy vrou sedert die naweek dopgehou het.

Daar was ook twee voorvalle van veediefstal in die laaste drie dae en die vermoede bestaan dat dieselfde aanvallers daarvoor verantwoordelik is.

Dit is kommerwekkend dat die aanvallers klaarblyklik die gesin dopgehou het en hul kans afgewag het om toe te slaan. ‘n Jong dame is tydens die aanval beseer, maar danksy haar vinnige optrede kon die polisie en buurtwag vinnig ontbied word.

Die VF Plus wil gemeenskappe aanmoedig om betrokke te raak by gemeenskapspolisiëringsforums en buurtwagorganisasies. Dit is tyd om terug te slaan teen misdaad en geweld en deur samewerking is die stryd half gewonne.

Kontaknommers:: 084 811 2155 / 079 409 8342

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.