fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Riool in Palmietspruit ‘n reuse gesondheidsrisiko vir mens en dier

Duisende liter riool stroom daagliks weens ‘n onherstelde gebarste rioolpyp in die Palmietspruit by Klerksdorp in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit, wat Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein insluit, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.

Groenewald sê dit is die gevolg van swak bestuur en ‘n gebrek aan instandhouding deur die regerende party.

Volgens Groenewald het hierdie graad van besoedeling ‘n reuse impak op beide mens en dier, aangesien die Palmietspruit, wat later by die Schoonspruit aansluit, vloei tot in die Vaalrivier, wat duisende mense en diere van water voorsien.

“Die spruit vloei ook naby twee skole, ‘n woongebied en ander besighede in die omgewing verby, wat die gesondheidsrisiko vererger. Aangesien baie plase ook aan hierdie waterbronne grens hou dit ook vir boerdery en nywerhede ‘n groot risiko in.

“Die roekelose besoedeling van ons land se skaars waterbronne vanweë die ANC-regering se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas, is besig om ‘n patroon aan te neem.

“Die regering kan nie meer agter hul ou verskonings skuil nie omdat hulle die afgelope 23 jaar self vir die bestuur van die land se infrastruktuur en hulpbronne verantwoordelik is en dit inderwaarheid in die grond in bestuur het. Daar is niemand anders om na vingers te wys as hulself nie.

“Die VF Plus sal ‘n strafregtelike klag teen die munisipale bestuur van die Matlosana-munisipaliteit aanhangig maak weens die munisipaliteit se oortreding van bepaalde water- en omgewingsbestuurswetgewing, sowel as die skending van die gemeenskap se grondwetlike reg op ‘n skoon en higiëniese omgewing,” sê Groenewald.

Kontakbesonderhede: 079 409 8342

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.