fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Plaasaanval wys landelike veiligheid is nie ‘n prioriteit

Die plaasaanval Donderdagoggend op Boet Pienaar (88) en sy vriendin, Jessie Lewis (57) in Noordwes wys landelike beveiliging in Noordwes moet dringend aandag geniet.

Die VF Plus het Pienaar en Lewis Donderdag besoek en bygestaan na die aanval op hul plaas Barnardsvlei, in die Mooinooi-omgewing. Dit is die tweede keer in twee jaar dat hulle op die plaas aangeval is. Hulle is vir ernstige beserings behandel.

Drie persone het hulle vroegoggend wreedaardig met ‘n hamer aangeval. Die polisie ondersoek sake van huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Misdaad in Noordwes raak almal. Die provinsie kan dit egter nie bekostig om landbouers te verloor weens plaasaanvalle nie.

Die VF Plus hou vol dat spesialiseenhede gestig moet word om die veiligheid van boere te verseker en sal aanhou om in die parlement te eis dat die eenhede op die been gebring word.

Dit is kommerwekkend dat vergaderings wat in die gebied deur die polisie gereël is, nie self deur hulle bygewoon is nie. Dit skep die indruk dat landelike veiligheid nie die nodige prioriteit geniet nie.

Die VF Plus sal ook in ‘n amptelike versoek aan die LUR vir polisie eis dat sy departement dringend met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) vergader om oplossings vir aanvalle op plase te vind.

Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen plaasaanvalle en misdaad in Noordwes en druk op plaaslike owerhede plaas om die veiligheid van inwoners te verseker.

Kontaknommers: 082 598 4595

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.