fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Oudituitkomste in Ngwathe verbeter – dienslewering op grondvlak nie

Alhoewel oudituitkomste van die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies, Edenville) vir die 2018/2019-finansiële jaar van ‘n weerhouding na ‘n gekwalifiseerde mening verbeter het, is die bevindinge steeds kommerwekkend.

Die munisipaliteit het gedurende die 2018/19-finansiële jaar ‘n netto verlies van meer as R200 miljoen getoon en sy laste het sy bates met R1,28 miljard oorskry. Dit neem die munisipaliteit gemiddeld 1245 dae om skuld aan krediteure te vereffen.

Dit is betreurenswaardig dat uitstaande skuld aan Eskom met sowat R128 miljoen verhoog het na R1,06 miljard. Skuld aan die departement van waterwese beloop sowat R108,5 miljoen.

Die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit oortree Art. 41(1)(b) van die Munisipale Stelselswet van Suid-Afrika deurdat daar geen rekord van water- en elektrisiteitsverliese gehou word nie. Daar is dus geen manier waarop daar bereken kan word hoeveel water en elektrisiteit in dié munisipaliteit verlore gaan nie.

Die grootste mislukking van die ANC-regering is die stand van munisipaliteite en die oudituitkomste bevestig dat dié munisipaliteit geen uitsondering is nie.

Die VF Plus is van mening dat munisipaliteite tot op dorpsvlak moet verklein ten einde te verseker dat dienste direk en meer effektief aan inwoners gelewer kan word. Dit sal ook voorkom dat belastingbetalersfondse wanaangewend word.

Kontaknommers: 082 380 0753

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.