fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Onkundigheid oor instandhouding in Emfuleni laat waterpype bars

Verskeie klagte van gebarste water- en rioolpype word ontvang in Vanderbijlpark, Drie Riviere, Sonlandpark en Vereeniging en dit blyk dat onkundige instandhoudingspersoneel grootliks vir die probleem verantwoordelik is.

Uit ondersoeke blyk dit dat die drukafsluitingskleppe nie genormaliseer word ná die herstel van ’n gebarste pyp nie. Dit veroorsaak dat die drukking tot 10 bar in die pype verhoog waarna ou pype op ander plekke in die toevoerlyn bars.

In Vanderbijlpark het ’n reuse riool-lekkasie ontstaan omdat die hoof-rioollyn se lugklep foutief is. Rou riool het voor sake-ondernemings opgedam en verkeer moes selfs deur dit ry.

Die VF Plus is besorg oor die mate van onkundigheid van Emfuleni se instandhoudingspersoneel. Die swak bestuur en leierskap, tesame met verouderde infrastruktuur veroorsaak groot verliese en ongerief vir die publiek.

Swak finansiële bestuur lei daartoe dat net die grootste water- en riool-lekkasies herstel word. Die wagperiode vir herstelwerk neem dae tot weke. Geen gereedskap of materiaal is beskikbaar nie en herstelwerk word ten duurste uitgekontrakteur.

Die VF Plus gaan die munisipaliteit versoek om kontrakteurs wat onbevredigende werk lewer se kontrakte nie te hernu nie. Die party sal vra om die voorwaardes rondom kontraktoekennings te verskerp om te verseker kwaliteit werk word gelewer. Die nuwe burgemeester sal ook hieroor genader word.

 

Kontaknommer: 076 616 2124

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.