fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Munisipale voertuie staan vervalle terwyl riool in strate loop

Voertuie wat riooldienste in Mafube-plaaslike munisipaliteit (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers) moet lewer, staan al ‘n geruime tyd vervalle in ‘n stoor en daarom word hierdie noodsaaklike diens nie gelewer nie.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van Mafube, JJ Matlole, amptelik versoek om die voertuie onmiddellik te herstel sodat riool nie die gesondheid van inwoners verder in gevaar stel nie.

Munisipaliteite het volgens Artikel 152 van die Grondwet die plig om ‘n “veilige en gesonde omgewing te verseker.”

Die nege voertuie wat tans in die munisipale stoor staan is in ‘n haglike toestand (sien aangehegde foto’s).

Die VF Plus het vasgestel dat die stukkende voertuie tot Augustus 2018 gelisensieer is en steeds in gebruik van die munisipaliteit behoort te wees.

Die stoor waar die voertuie staan lyk soos ‘n skrootwerf met geen herstelwerk wat aan die stukkende voertuie gedoen word nie.

Voertuie om dienslewering te verseker kan nie vervalle staan terwyl betalende inwoners nie noodsaaklike dienste ontvang nie.

Mafube se inwoners verdien beter dienste en nie hulpbronne wat in store staan en in onbruik verval nie.

Kontaknommers: 079 517 8059

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.