fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Gebrek aan optrede oor elektrisiteitsdiefstal in Midvaal skokkend

Die inkonsekwente optrede van die Midvaal-munisipaliteit (Meyerton, Vaal Marina, Wakerville en Henley-on-Klip) rakende die diefstal van elektrisiteit, is skokkend.

In die Sicelo-nedersetting word miljoene rande se elektrisiteit daagliks weens onwettige koppelings gesteel terwyl daar oënskynlik geen optrede teen hulle is nie. Dit wil voorkom of die ‘vryery’ van die DA en ANC na politieke steun in dié gebied sonder skroom is terwyl betalende inwoners in die steek gelaat word

Daar bestaan ‘n openlike onwilligheid by die Midvaal-stadsraad om die onwettige koppelings te verwyder omdat hierdie verliese glo “goedkoper as ‘n betoging” is.

In skrille kontras hiermee word inwoners in die formele woongebiede hoë boetes opgelê wanneer daar met hul elektrisiteitsmeters gepeuter word. Die VF Plus dring aan op die streng toepassing van munisipale bywette. Dit moet ook konsekwent toegepas word.

Dit is jammer dat die DA so blatant en openlik optree om hul teikenmark vir stemme te beskerm ten koste van wetsgehoorsame inwoners.

Die VF Plus is ook bewus van ander gevalle waar die Midvaal-stadsraad net so selektief optree, soos met kredietbeheer by stad- en streeksbeplanningsdepartemente.

Kontaknommer: 071 640 7283

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.