Die Mangaung-metro-munisipaliteit se dienslewering- en begrotingsimplimenteringsplan wat die week gedurende ‘n raadsvergadering van die munisipaliteit ter tafel gelê is, spreek nie die probleme van die metro aan nie. Die VF Plus weier om die plan te steun en het teen die aanvaarding van beide die plan en die vierde kwartaallikse verslag daaroor gestem.
Mangaung gaan gebuk onder ‘n ongekende diensleweringskrisis wat riool, waterlekke, vullisverwydering, elektrisiteitsvoorsiening en algemene munisipale dienste betref. Hierdie probleme word nie net in die groter Bloemfonteinarea beleef nie, maar stuur ook op ‘n ramp af in onder andere Dewetsdorp, Van Stadensrus en Wepener. Daarteenoor word befondsing vir verkeerde prioriteite geallokeer en word departemente swak bestuur.
Die gepaardgaande vierde kwartaallikse verslag oor die implimentering van die plan getuig ook van die ANC se swak bestuursvermoë. Die plan is onvolledig en ontoereikend en weerspieël nie die ware toedrag van sake nie.
Die ANC se verkeerde prioriteite is duidelik te sien in die implimenteringsplan en die verskonings wat in die verslag voorgehou word vir die mislukte diensleweringsituasie in die metro is pateties om die minste te sê.
Kiesers moet besef dat hulle met die sleutel tot beter dienslewering sit. Kiesers kan bevoegde partye, soos die VF Plus sterk maak ten gunste van beter beplanning en bestuur. Die VF Plus slaan terug teen swak dienslewering.
Kontaknommer: 082 305 1540