fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

LUR van onderwys probeer politieke naam maak – verdraai feite

Die LUR van Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, probeer om 'n politieke naam vir homself te maak maar intussen verdraai hy feite van die verlede waaroor hy geen kennis het nie.

Dit volg nadat die betrokke LUR tydens 'n sitting van die Gauteng Wetgewer op 1 September 2015 goed kwytgeraak het wat onwaar en verdraai is. Die LUR het aangekondig dat die huidige regering die enigste regering is wat asbes-klaskamers verbied het en dat slegs swart skole in die vorige bedeling asbes-klaskamers gehad het.

Die LPW van die VF Plus in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die LUR sy feite agtermekaar moet kry aangesien blanke skole in die vorige bedeling ook asbes-klaskamers gehad het.

"Beide die laer- en hoërskool waarin ek in Pretoria was het gebruik gemaak van asbes-klaskamers. Ons het ook as leerlinge in die somer gesit en sweet en die ysige winters in dié betrokke klaskamers trotseer. Die LUR probeer enige strooihalm aangryp om vir homself 'n politieke naam te probeer maak maar intussen maak hy gebruik van onwaarhede wat tot gevolg kan hê dat rassehaat aangeblaas kan word."

Die VF Plus waarsku die LUR om hierdie soort van wanhopige aankondigings te staak en eerder sy aandag op sy departement te vestig wat besig is om in Gauteng in duie te stort. Daar moet eerder na leerders se belange omgesien word in plaas van om skole aan te vat oor kamstige rassisme en die verandering van Afrikaanse skole se name.

"Skole in Gauteng is besig om in oorlogsones te verander net omdat die LUR weens politieke redes inmeng by sake van skole en nie daarop gemik is om gehalte onderwys aan leerders in Gauteng te lewer nie. Politieke ambisie is gevaarlik wanneer die saak versaak word en die ‘eie ek’ besig is om in te tree".

Die VF Plus spreek die hoop uit dat die LUR tot sy sinne sal kom en hierdie soort van praktyk dadelik sal staak.

 

Philip van Staden

VF Plus LPW Gauteng

Tel: 0840154722

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.