fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Hernubare krag: NUMSA saboteer SA

Die aankondiging dat die regering en Eskom tot NUMSA se eis toegestem het om hernubare kragkontrakte weer te vertraag, saboteer die ekonomie en omgewing van Suid-Afrika.

Dié vakbond beweer dat werksgeleenthede in die slag gaan bly en dat verbruikers meer vir krag gaan betaal as die kontrakte onderteken word en hernubare energie in die land se kragstroom opgeneem word.

Beide bewerings is onwaar, maar dit is nie die belangrikste nie. Die oudste steenkoolkragsentrales is vyftig jaar oud en oorskry hulle beplande leeftyd reeds lank. Dit veroorsaak onder andere ernstige lugbesoedeling wat lei tot onberekenbare onkoste in die vorm van respiratoriese siektes by mense en suurreën wat geboue beskadig.

Klimaatsverandering word algemeen aan die oormatige vrystelling van koolstof in die omgewing toegeskryf. Kragopwekking deur steenkoolverbranding is een van die vernaamste sondebokke in dié verband.

In werklikheid daal die prys van hernubare kragtegnologie tans só vinnig dat dit verbruikers met toegang tot die kragnetwerk reeds baat om hulle eie krag op te wek, veral in sonnige provinsies soos die Noord-Kaap.

NUMSA probeer nie net die onvermydelike voorkom nie, dit probeer Suid-Afrika aan duur en vuil krag vasketting. Die VF Plus is oortuig dat dié poging nie die toets van die gereg – waarop NUMSA hom beroep – sal oorleef nie.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.