fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geweld by skole in Gauteng ruk handuit – wat gaan Lesufi doen?

Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van skoolkinders wat elke dag in potensieel-gevaarlike situasies verkeer wanneer mede-leerlinge vuurwapens, messe en dwelms skool toe bring.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, mnr. Panyaza Lesufi, het ‘n verantwoordelikheid teenoor alle leerlinge om te sorg dat hulle in ‘n veilige omgewing onderrig ontvang en veral nou waar 140 000 matrikulante besig is om die nasionale senior sertifikaat-eksamen te skryf.

Tydens onlangse besoeke van die polisie aan skole in Gauteng, is verskeie vuurwapens, messe en dwelms by leerlinge gevind.

Enkele voorbeelde van geweld by Gautengse skole:

• Op 13 Maart sterf ‘n negentienjarige leerling van die Hoërskool Mondeor in ‘n mesaanval.
• Op 3 Junie val ‘n twintigjarige leerling drie mede-leerlinge by die Forest High School in Johannesburg aan. Een sterf en twee word in ‘n hospitaal vir wonde behandel.
• Op 10 September steek ‘n veertienjarige leerling van die Tokelo Sekondêre-skool ‘n mede-leerling met ‘n mes dood.
• Op 7 Oktober sterf ‘n vyftienjarige leerling aan die Thuto Tiro-skool in Sebokeng nadat hy met ‘n skêr aangeval is.

Die departement van onderwys in Gauteng het in die 2018/19-boekjaar sowat R1 miljard onderbestee. Die geld kon eerder aangewend word om leerders se veiligheid by skole te verseker.

Hoeveel leerders moet nog hul lewens verloor voordat mnr. Lesufi optree? Elke jong lewe is belangrik, veral in ‘n omgewing waar kinders besig is om hulself vir ‘n beter toekoms voor te berei. Dit is net regverdig dat hul reg tot lewe beskerm word.

Navrae: 079 224 7321

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.