Die VF Plus het vandag in die Gauteng Wetgewer, tydens 'n mosie oor Erfenismaand, die EFF gekap oor die beskadiging van standbeelde in die land oor die afgelope paar maande.
Die VF Plus se LPW in die wetgewer, mnr Philip van Staden, het tydens die debat genoem dat die geskiedenis 'n belangrike rol speel in die samelewing. Hy het gesê dit waarmerk wie ons is en waar ons vandaan kom. Van Staden het gesê dat mense of groepe wat nie 'n geskiedenis het nie maar net nuwe speelgoed soos standbeelde gekry het om op te krap en te vandaliseer. Hy het genoem dat volgens wet, hierdie optrede onwettig is.
"Respekteer my geskiedenis, respekteer Suid-Afrika se geskiedenis en standbeelde en ek sal jou soeke na 'n geskiedenis en menswees respekteer. Verag en vandaliseer dit en ek sal jou verag."
Die VF Plus het ook 'n dringende beroep op die Gauteng regering gedoen om die wet toe te pas en om EFF lede wat standbeelde vandaliseer, uit die samelewing te verwyder.
Van Staden het afgesluit deur te sê dat daar 'n spreekwoord in Afrikaans bestaan wat heet : "Gekke en dwase krap op mure en glase."
Philip van Staden LPW Gauteng
Tel: 084 015 4722
Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za