Lisensiekantore in verskeie dorpe in Limpopo is rooi in die gesig gelaat omdat hulle nie genoeg gespesifiseerde papier, waarop voertuiglisensies gedruk word, vanaf die provinsie ontvang het nie.
Mense wat die lisensiekantore in Thabazimbi, Vaalwater en selfs Mogalakwena (Potgietersrus) besoek het om dringend hul lisensies te hernu, word daagliks weggewys. Die toedrag van sake beïnvloed ook nuwe voertuigeienaars en veral motorhandelaars wat lisensiëring as ‘n diens aanbied.
Die VF Plus is by navraag deur die betrokke lisensiekantore meegedeel dat hulle al ‘n geruime tyd te min papier ontvang waarop lisensie-dokumentasie gedruk moet word.
Voertuigeienaars moet nou van dorp na dorp ry en by verskillende lisensiekantore aandoen om vas te stel of hulle papier beskikbaar het ten einde hul voertuiglisensies te hernu.
Hierdie is nog ‘n bewys van die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer.
Die VF Plus gaan druk toepas op Limpopo se departement van vervoer om onmiddellik in te gryp en die toestand te normaliseer.
Kontaknommer: 078 617 8682