Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gemeenskappe sal hulself teen misdaad moet beskerm

Gemeenskappe in Gauteng sal hulself moet beskerm teen misdaad veral met huis-en plaasaanvalle.

Na nog ‘n aanval die afgelope naweek in Gauteng op ‘n kleinhoewe naby Lanseria, veg ‘n man om sy lewe nadat hy en sy vrou vroeg Sondagoggend op hul kleinhoewe in hul slaap aangeval en hy in die kop geskiet is.

Dit is duidelik dat die Suid Afrikaanse Polisiediens die publiek nie kan beskerm nie.

Gemeenskappe in veral landelike gebiede sal toenemend waaksaam moet optree en inskakel by gemeenskapveiligheidsaksies.

Die polisie se misdaadintelligensie skiet ver te kort, veral in die Diepsloot-, Lanseria- en Muldersdrift-omgewing waar daar ‘n groot instroming van werklose mense is.

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.