Douglas in die Noord-Kaapse Siyancuma-munisipaliteit nader 'n totale ineenstorting van dienste. Die VF Plus het ondersoek ingestel en is besig met 'n aksieplan.
As gevolg van verwaarlosing hou die munisipale stortingsterreine sowel as onbehandelde riool, 'n gesondheidsrisiko vir inwoners in.
Die VF Plus het die terreine besoek en is tans besig met skrywes aan verantwoordelike amptenare en verkose persone op munisipale sowel as provinsiale vlak.
Dit wil voorkom of plaaslike owerhede nie besef dat hulle wetlike verpligtinge met betrekking tot dienslewering het nie.
Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die munisipaliteit om die nodige dienste te lewer en op te staan vir die regte van getroue belastingbetalers.
Kontaknommer: 072 938 8588