fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Bloemfontein-water: Mlamleli gevra om openbare vergadering by te woon

Die VF Plus het vandag gevra vir ‘n openbare vergadering met inwoners van Bloemfontein, waar die Mangaung-metroraad se uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, teenwoordig moet wees om die voortslepende waterkrisis in die metro te verduidelik.

Daar is ook versoek dat die metro se munisipale bestuurder, adv. Tankiso Mea en die hoof uitvoerende beampte van Bloemwater, dr. Limakatso Moorosi, die vergadering bywoon.

Dit is die plig van Mangaung-metroraad en Bloemwater om inwoners in te lig oor die probleem met watervoorsiening aan Bloemfontein waar betalende inwoners weereens gestraf word met wateronderbekings weens swak finansiële bestuur tussen die metro en die waterverskaffer.

Die doel van ‘n munisipaliteit is om dienste aan sy inwoners te verseker en die VF Plus het begrip vir inwoners van Bloemfontein wat hulle munisipale belasting wil weerhou as gevolg van die gebrek aan basiese dienste in die Mangaung-metro.

Vir inwoners om nie water te hê nie weens ‘n dispuut tussen die metro en Bloemwater, kom neer op swak finansiële bestuur en Mlamleli moet as burgemeester verantwoordelikheid daarvoor neem en die Bloemfonteinse publiek inlig oor haar plan is om die situasie te beredder.

Mlamleli is openlik aanvallend in haar retoriek in raadsvergaderings, veral oor witmense en hoe grond gesteel is, maar oor dienslewering soos water is sy stil en effektiewelik afwesig om politieke leiding te neem.

Mlamleli moet nou minder praat en meer optree in die metro se waterkrisis wat bykans weekliks vererger – nie meer weens ‘n gebrek aan water of swak infrastruktuur nie, maar weens haar en die ANC se swak bestuur in die metro.

Mlamleli het nou die geleentheid om te verduidelik waarom Bloemfonteiners, wat ‘n belangrike bron van inkomste vir die metro is, se krane droog is en wat sy daaraan gaan doen.

Die VF sal inwoners van Bloemfontein op hoogte hou van ‘n datum en plek vir ‘n openbare vergadering met Mlamleli sodra sy daartoe ingestem het.

Kontaknommers: 082 305 1540

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.