fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Begrotingsdebat in Vrystaat-wetgewer: Polisie, paaie en vervoer – ANC-stilswye oor plaasmoord ook ‘n antwoord

Alhoewel alle misdaad en moord in Suid-Afrika ernstig is, is die hoë voorkoms van plaasmoord ‘n saak wat nou dringend aangespreek moet word. Die vlakke van geweld wat daarmee gepaard gaan, laat allerweë die vraag ontstaan of dit gewone misdaad is.

Politici se ondeurdagte politieke uitsprake plaas ‘n teiken op veral plaasboere. Daar is gereelde uitsprake dat boere werkers onderdruk en gronddiewe is. Die regering se stilswye oor plaasmoord is ‘n duidelike antwoord dat die ANC nie ernstig is oor landelike veiligheid nie.

Die VF Plus het hierdie week in ‘n skrywe die LUR vir polisie, paaie en vervoer versoek om gesprek te voer oor gespesialiseerde landelike veiligheidspolisiëring in die Vrystaat en om die minister van polisie by die gesprek in te sluit.

Indien die departement werklik ernstig is om te verseker dat die Vrystaat opgebou word, sal die ANC-regering die VF Plus se versoek ernstig oorweeg om landelike veiligheidseenhede te vestig.

Wat paaie aanbetref moet die departement daarvan kennis neem dat die provinsie se paaie weens swak instandhouding in ‘n baie slegte toestand is. Politieke inmenging by die aanstelling van kontrakteurs dra by tot die probleem.

Die waarheid is dat die ANC die grootste slaggat is op die pad om die provinsie weer op te bou. Solank as wat die ANC gaan voortgaan met politieke inmenging en swak projekbestuur, sal die paaie nie verder verswak tot nadeel van die streek se ekonomie.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.