fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering teiken nou alle beelde, plek- en straatname van voor 1994

Indien die regering die aanbevelings van die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, aanvaar, gaan alle standbeelde wat voor 1994 opgerig is, nou finaal uit die openbare oog verwyder word.

Min. Nthethwa het onlangs by Vryheidspark, Tshwane, gepraat oor sy voorlegging rakende die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap, en het gesê alle beelde en ‘afstootlike’ name uit die koloniale- en apartheidstydperk moet verwyder word.

Hy het gesê die ‘volgehoue openbare teenwoordigheid’ daarvan is vir die ‘meerderheid mense’ in die land soos om sout in 'n vars wond te sit en dat dit ‘samehorigheid en nasiebou’ ondermyn.

Sy aanbeveling is dat meer erkenning gegee moet word aan die swart gemeenskap se geskiedenis aangesien ‘n volk wat sy geskiedenis nie ‘ken en eer nie’ soos ‘n boom sonder wortels is.

Die VF Plus se mening is dat dit uiters kortsigtig om aan te voer dat die uitwissing van enige deel van die land se geskiedenis, nasiebou en samehorigheid in die land gaan bevorder. Groter erkenning vir die swart gemeenskap se erfenis, geskiedenis en verlede is verstaanbaar, maar nie ten koste van die bydrae van ander gemeenskappe in die land nie.

Hierdie siening weerspieël nie die boodskap van hoop en eenheid wat president Cyril Ramaphosa probeer voorhou nie. Dit is bekend dat die EFF in 2014 die veldtog teen beelde aangevuur het, en net soos met onteiening sonder vergoeding lyk dit asof die EFF-stert die ANC nou op vele gebiede begin rondswaai.

Een monument van die vorige bedeling wat die ANC nie uit Suid-Afrika kan verwyder nie is die nalatenskap van meer as 50% van Afrika se infrastruktuur, treinspore, paaie, damme, waterskemas, sy elektrisiteitsnetwerk, behuising, ekonomiese ontwikkeling, industrialisasie en suksesvolle landbou wat die land die ekonomiese reus van Afrika gemaak het.

Die VF Plus sal hierdie voorstel van die minister op elke wyse moontlik teenstaan in die parlement en sal pres. Ramaphosa daarop wys dat hy mede-outeur van die land se Grondwet is waarvan die aanhef lui Suid-Afrika behoort aan almal wat in hom woon en dat diegene wat die land opgebou en ontwikkel het, ook gerespekteer moet word.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.