fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Water, maar krane is leeg

Die VF Plus het die Vrystaatse waarnemende LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Tate Makgoe, versoek om maatreëls in plek te stel om die watertoevoer na inwoners van die dorp Gariepdam in die Kopanong-munisipaliteit te herstel. Die dorp kry sy water van Bloemwater.

Terwyl die Gariepdam by die dorp oorloop, sit inwoners ironies genoeg sonder water weens wanbetaling van die munisipaliteit aan sy waterverskaffer.

Die VF Plus het klagtes van inwoners op die dorp gekry waar water sedert Sondag nie gelewer word nie weens agterstallige skuld. Bloemwater het op navraag gesê hy wag vir betaling van Kopanong voordat water weer gelewer sal word.

"Watervoorsiening in die Vrystaat weens wanbetaling deur munisipaliteite moet dringend aandag van die departement kry, aangesien betalende inwoners van hul reg op skoon water, soos vervat in Artikel 27 van die Grondwet, ontneem word, sê Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaat.

"Swak finansiële bestuur deur Kopanong wat Bloemwater teen Desember 2017 R218 miljoen geskuld het, lei daartoe dat inwoners van Gariepdam nie dienste kry nie," sê Wessels

"Dit is die verantwoordelikheid van Kopanong om seker te maak dat diensverskaffers betaal word, maar ook die verantwoordelikheid van Bloemwater om te sorg dat skuld ingevorder word en nie ‘n punt bereik waar dienste gestaak moet word nie.

"Die VF Plus sal ‘n klag hieroor by die Verbuikerskommissie teen Kopanong-munisipaliteit en Bloemwater indien.

"Die VF Plus is van mening dat dit ‘n oortreding van die Verbruikerswet is om betalende verbruikers te ontneem van dienste waarvoor hul betaal weens ‘n munisipaliteit se wanbetaling en swak finansiële bestuur," sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE

Lekwa Ward 4

Hillel Coetzer YOUR CANDIDATE FOR WARD 4 25 October 2023 BY-ELECTION WARD 4 Meyerville | TLC | Industrial On voting day, you can keep your

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.