fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus vra vir vergadering met polisiekommissaris na nog ‘n plaasaanval (Hertzogville)

Die VF Plus het die Vrystaatse polisiekommissaris, genl-maj Moeketsi Sembe, versoek om ‘n toe te stem tot ‘n vergadering waarin die toenemende plaasaanvalle in die provinsie bespreek kan word.

Dit volg nadat Japie van den Berg (75) en sy vrou Emma (75) Saterdag op hul plaas Langeveld in die Hertzogville-distrik aangeval is. Hulle sterk tans aan ‘n Bloemfonteinse hospitaal.

Die VF Plus verwelkom die polisie-optrede, waartydens twee polisie-helikopters ingespan is, om vyf verdagtes in samewerking met die gemeenskap tydens klopjagte vas te trek, maar bly bekommerd dat onverantwoordelike en ongegronde uitsprake oor grond in Suid-Afrika teikens van weerbare inwoners in landelike gebiede maak.

"Sogenaamde wit bevoorregting is nie automaties die rede vir swart armoede nie"

 

In baie gevalle loods groepe van twee of meer aanvallers aanvalle op plase waarvan die eienaars hulleself nie kan verdedig nie. Dit is hierdie veiligheidsvakuum wat die VF Plus met Sembe wil bespreek.

Elke misdaad in die provinsie behoort aandag te geniet, maar plaasaanvalle word toenemend polities-gemotiveerd weens politieke partye, waaronder die ANC en EFF, se balatante leuens dat witmense grond in Suid-Afrika gesteel het.

Die regering se grondhervormingsproses in Suid-Afrika is vir verskeie redes ‘n mislukking en die ANC speel ‘n uiters gevaarlike speletjie deur banke boere die skuld te gee vir ongelykhede in die land.

Sogenaamde wit bevoorregting is nie automaties die rede vir swart armoede nie. Sommige politici se populistiese uitlatings in hierdie verband skep ‘n wanpersepsie van die ware probleme wat ons land teister.

Hulle versuim om daadwerlike politieke oplossings te bied. Dit skep net die moontlikhede vir nog plaasaanvalle.

Die VF Plus wil tydens die beplande vergadering met Sempe veiligheidskwessies uitlig en moontlike voorstelle maak om die polisie se hand te versterk om landelike gebiede veiliger te maak.

Indien Sempe werklik daartoe verbind is om met alle sektore van die samelewing saam te werk om die provinsie se misdaad aan te spreek,  kan hy nie anders as om toe te stem tot die VF Plus se versoek tot ‘n vergadering oor plaasaanvalle nie.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.