Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Vrystaat kan nie Dag-Zero vir water bekostig nie

“Vrystaatse munisipaliteite kan dit nie bekostig om ‘n "Dag-Zero" vir water te ervaar nie en munisipaliteite en die provinsiale regering het ‘n verantwoordelikheid om toe te sien dat water so ver as moontlik vir inwoners beskikbaar bly," sê Tammy Wessels, VF Plus wetgewerlid in die Vrystaat.

Sy sê dit is onaanvaarbaar dat swak tot geen instandhouding en hoë uitstaande skuld aan waterrade droogte-geteisterde dorpe se watertekorte vererger.

"Die ANC regering het die afgelope 23 jaar instandhouding en opgradering van waterinfrastruktuur afgeskeep. Miljarde rand gaan verlore as gevolg van waterlekke en vervalle watersuiweringsaanlegte bedreig die beskikbaarheid van skoon water.

“Net soos inwoners die verantwoordelikheid het om water spaarsamig te gebruik, berus die onus ook op die departement en munisipaliteite om te verseker dat, selfs in droogtetye, water aan inwoners beskikbaar bly."

 

"Die knellende droogte van die afgelope paar jaar in die provinsie plaas enorme druk op waterverbuikers en dit is die plig van provinsiale en plaaslike owerhede om ‘n vinger op die pols van gebrekkige waterhulpbronne in die provinsie te hou.

Die VF Plus sal in ‘n vraag in die Vrystaatse Wetgewer aan die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Sisi Ntombela, vra wat haar departmement doen om te verseker dat skaars waterhulpbronne in die provinsie gedurende die droogtetye effektief bestuur word.

"Net soos inwoners die verantwoordelikheid het om water spaarsamig te gebruik, berus die onus ook op die departement en munisipaliteite om te verseker dat, selfs in droogtetye, water aan inwoners beskikbaar bly.

Dit sluit onder meer in dat, waar nodig, waterbesparingsmaatreëls geïmplementeer word, maar ook dat die Vrystaatse regering en munisipaliteite verantwoordelikheid neem vir lekkasies weens stukkende pypleidings waar ‘n enorme hoeveelheid water verlore gaan.

“Waar dit wil voorkom of Kaapstad Metro nie behoorlik voorsiening gemaak het vir watertekorte nie en krisisbestuur daartoe gelei het dat inwoners nie net water moes bespaar nie, maar ook nou meer betaal vir die gevolglike verlies aan waterinkomste, wil die VF Plus toesien dat dieselfde lot nie inwoners van Vrystaatse munisipaliteite tref nie.

“Die VF Plus wil weet wat ons owerhede doen om "Dag-Zero" in munisipaliteite in die provinsie te voorkom.

"VF Plus raadslede in die provinsie sal dieselfde vrae in die rade indien sodat munisipaliteite verantwoordelik gehou sal word om grondwetlike verpligting om water aan inwoners te voorsien, nakom” sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.