Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Beloftes van Wes-Kaapse regering oor asbesskool op Tulbagh lewer niks op nie

Na vele beloftes van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) oor die asbesskool (De Waveren) op Tulbagh, is die situasie steeds dieselfde en ouers is veral ontstoke omdat die departement nie met hulle kommunikeer oor die aangeleentheid nie, sê Jaco Prins, Wes-Kaapse organiseerder van die VF Plus.

Prins sê ouers in die gemeenskap is van mening dat die asbesgebou, wat plek-plek al erg verweer is, ‘n groot gesondheidsrisiko vir leerlinge en onderwysers inhou. Die VF Plus het die onderwysdepartement reeds in Augustus 2017 hieroor genader en het die versekering gekry dat die situasie aandag sou geniet. Niks is egter gedoen nie.

“Dié ontbloting van rou asbes beteken dat daar skadelike asbesvesels in die lug sal wees wat deur die leerlinge ingeasem word."

 

Prins sê hy is deurlopend in gesprek met ouers van die skool en gemeenskapslede. Hulle is veral ongelukkig omdat die departement vergaderings met die gemeenskap oor die saak telkens afgestel het.

“Die VF Plus aanvaar bloot nie dat die departement kan ontken dat die situasie ‘n gesondheidsrisiko vir almal by die skool inhou nie.

“In Oktober 2016 is dele van die Wes-Kaapse wetgewer gesluit weens ‘n asbesgevaar in die gebou. Tog word toegelaat dat die kinders van Tulbagh skoolgaan in klaskamers met verweerde asbesmure wat selfs op plekke stukkend is.

“Dié ontbloting van rou asbes beteken dat daar skadelike asbesvesels in die lug sal wees wat deur die leerlinge ingeasem word. Kundiges van die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid (NIOH) het die gevare hiervan bevestig.

“Dit is jammer dat die WKOD besluit het om ras in die aangeleentheid in te bring. Hierdie aangeleentheid gaan oor ‘n gesondheidsrisiko vir leerlinge, en niks anders nie. Die VF Plus sal aanhou om druk op die departement te plaas om broodnodige onderhoudswerk by die skool te doen,” sê Prins.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.