fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Vrede Suiwel: “vervolg politieke hoofde ook”

Die VF Plus verwelkom die arrestasie van Peter Thabethe, voormalige departementshoof van die Vrystaatse departement van landbou, maar eis dat die politieke hoofde wat by die skandaal betrokke was, ook gearresteer en verantwoordbaar gehou moet word.

Wouter Wessels, VF Plus LP, het sy kommer uitgespreek oor die feit dat slegs ‘n amptenaar wat betrokke was by die skandaal wat die belastingbetalers van die Vrystaat nagenoeg R570 miljoen gekos het, gearresteer is. 

"Almal wat betrokke was, moet vervolg word, veral die prominente politici wat die meeste voordeel daaruit getrek het."

"Daar was verskeie politieke hoofde by die knoeiery betrokke," sê Wessels

"Die omstrede kontrak met Estina is deur die premier se departement goedgekeur en afgeteken. Mosebenzi Zwane, die destydse LUR van die departement van landbou het die ligging van die projek gekies, naamlik Vrede wat Zwane se tuisdorp is.

"Die VF Plus eis dringende strafregtelike optrede teen alle betrokkenes en nie slegs teen amptenare van die departement nie.  Daar mag nie toegelaat word dat al die skuld vir die Vrede-suiwelskande op ‘n junior amptenaar gepak word nie.  Almal wat betrokke was, moet vervolg word, veral die prominente politici wat die meeste voordeel daaruit getrek het," sê Wessels

Hy sê die Vrystaaste Premier Ace Magashule en verskeie ander lede van die provinsiale kabinet het ook die projek vir jare verdedig ten spyte van opposisiepartye en die Ouditeur-Generaal (OG) se herhaaldelike vermanings oor die grootskaalse geldvermorsing wat daar plaasvind.

Verskeie klopjagte is Woensdagoggend deur die Valke op die Guptas se huis in Saxonwold, Johannesburg, en Thabethe se huis in Bloemfontein uitgevoer, waarna Thabethe gearresteer is en Ajay Gupta glo ingeneem is vir ondervraging.

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

ChandrΓ© de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE

Lekwa Ward 4

Hillel Coetzer YOUR CANDIDATE FOR WARD 4 25 October 2023 BY-ELECTION WARD 4 Meyerville | TLC | Industrial On voting day, you can keep your

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.