Die VF Plus verwelkom die feit dat daar eindelik finaliteit is oor die verwydering van pres. Jacob Zuma as staatspresident van Suid-Afrika deur ‘n mosie van wantroue wat môre sal plaasvind.
Die VF Plus-leier, Dr Pieter Groenewald, sê die aangeleentheid is onnodig uitgerek en die onbeholpe manier waarop die ANC in die laaste weke opgetree het, dien as bewys dat die ANC-regering nie bevoeg is om krisisse te bestuur of die land te regeer nie.
Die VF Plus sal die mosie van wantroue teen pres. Zuma steun.
Groenewald sê ‘n verdere bewys van die ANC se onbeholpenheid is die krisisbestuur wat nou toegepas word deur te probeer om Vrydag reeds die staatsrede te hou indien ‘n nuwe president môre verkies word.
"Dit blyk voorts dat net een dag afgestaan gaan word aan ‘n debat oor die staatsrede. Voorheen is twee dae daaraan afgestaan wat beteken die opposisiepartye word direk benadeel.
Suid-Afrika kon reeds ‘n nuwe president in plek gehad het indien die ANC nie besluit het om die vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) verlede Woensdag te kanselleer nie," sê Groenewald
Hy sê die VF Plus sal die mosie van wantroue teen pres. Zuma steun.