fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Voortslepende betogings op die R59 in Midvaal

Uit die voortslepende gewelddadige protesoptrede van inwoners van Sicelo op die R59-provinsiale pad wil dit blyk of betogers meer regte geniet as wetsgehoorsame burgers en inwoners, sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid vir Sedibeng.

“Die VF Plus veroordeel nie net die voortslepende betogings op die R59-provinsiale pad in die sterkste moontlike terme nie, maar is geskok oor die anargie wat heers en die gepaardgaande toleransie van die plaaslike owerhede jeens die betogers.

"Daar is bloot nie onderskeid te tref tussen betogers en misdadige elemente nie.

"Hierdie gewelddadige protesoptrede ontneem wetsgehoorsame landsburgers en gemeenskappe hul regte en is ‘n direkte gevolg van swak politieke leierskap en onvoldoende polisiëring.

"Die VF Plus het ‘n versoekskrif met bykans 900 handtekeninge oor die situasie aan die burgemeester, Bongani Baloyi, oorhandig. Daarmee saam ook voorgestelde veiligheidsmaatreëls met betrekking tot protesoptrede.

"Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die burgemeester nog glad nie op die VF Plus se versoek gereageer het, daarop geantwoord het of dit onder die betrokke komitee se aandag gebring het nie.

“Die feit dat die burgemeester verwag die publiek moet bloot tevrede wees met sy onvoldoende verskonings van ‘sorry for the inconvenience’ dui op sy politieke onvolwassenheid en ook op sy vrees en onwilligheid vir optrede teen die DA se nuwe teikenmarkte vir stemme.

"Hierdie politieke speletjie tussen die DA en die ANC kos plaaslike belastingbetalers al etlike miljoene rande met geen einde in sig nie.

“Die tyd het aangebreek dat hierdie gewelddadige optrede as misdaad beskou word en daar teen die mense opgetree word. Die betrokke gemeenskapsleiers moet in hegtenis geneem en vervolg word.

"Die VF Plus dring daarop aan dat die veiligheidsmaatreëls wat deur ons voorgestel is onmiddellik in werking gestel word alvorens daar verdere lewensverlies plaasvind. Hierdie ongelukkige situasie is ‘n sprekende en duidelike voorbeeld van amptenare wat in poste geplaas is, gegrond op hul ras en nie op meriete of bevoegdheid nie," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.